|
|
JAARGANG
5 UITGAWE1 DESEMBER 2002
|
|
TER
INLEIDING PREAMBLE
|
|
Onder
die geriewe wat ons aan die hedendaagse beskawing te danke
het is daar: gerieflike geloof, gerieflike godsdiens, gerieflike
sedes, gerieflike gewete en oor die algemeen n gerieflike
pad hel toe C J Langenhoven.
Gaan
ons vanjaar n gerieflike Kersfees hê,
of gaan ons stil word by die dieper betekenis daarvan?
Will
we be able in 2003 to humbly lay down our lives
|
and
our preferences to serve our neighbour, care for the elderly
and the sick, share our belongings with the poor, wash the
feet of the homeless, spend time with children, forgive
and love unconditionally?
Where
do we start? We start by spending time at the crib and the
cross!
Geseënde
Kersfees en Voorspoed vir 2003 !!
|
terug
na inhoud
Why
it takes so long to become a lawyer
|
The
professor of a contract law class asked one of his better
students, If you were to give someone an orange,
how would you go about it? The student replied,
Heres an orange.
The professor was outraged. No! No! Think like
a lawyer! The student replied: Okay. Id
tell him I hereby give and convey to you all and
singular, my estate and interests, rights, claim, title,
claim and advantages of and in, said orange, together
with all its rind, juice, pulp, and seeds, and all rights
and advantages with full power to bite, cut, freeze
and otherwise eat, the same, or give the same away with
and without the pulp, juice, rind and seeds, anything
|
herein
before or hereinafter or in any deed, or deeds, instruments
of whatever nature or kind whatsoever to the contrary
in anywise notwithstanding ...
This
seemed to keep the professor happy. But by the same token,
when the man in the street says: If it aint
broke, dont fix it, the lawyer writes: Insofar
as manifestations of functional deficiencies are agreed
by any and all concerned parties to be imperceivable,
and are so stipulated, it is incumbent upon said heretofore
mentioned parties to exercise the deferment of otherwise
pertinent maintenance procedures.
That,
obviously, explains it all, dont you think?
|
terug
na inhoud
Finansiële probleme: Hof kan beveel dat skuldenaar onder
Administrasie geplaas word
|
Al
hoe meer mense ondervind deesdae finansiële probleme
en kan dan nie hul skuld betaal nie. Maar
die skuldeisers probeer die skuldenaar dwing om sy skulde
te delg en verkry dan vonnis teen hom in die Landdroshof.
Artikel
74 van die Wet op Landdroshowe 32 (1944) maak daarvoor
voorsiening dat die boedel van n vonnisskuldenaar
wat nie onmiddellik aan n vonnis teen hom kan voldoen
nie,
of nie in staat is om sy finansiële verpligtinge
na te kom nie en nie meer as R50 000,00 skuld nie, onder
Administrasie geplaas kan word.
Sodoende
word die vonnis-skuldenaar beveel om sy skuld te vereffen
deur periodieke betalings aan n administrateur te
maak, wat ná elke 3 maande (ná aftrekking
van die Administrasiekoste van die geld wat hy ontvang
het) in verhouding tot die grootte van hul eise, betalings
onder die skuldeisers verdeel. Intussen kan daar nie gedinge
teen die skuldenaar aanhangig gemaak word nie.
Die
Administrasiebevel bied aan die skuldenaar die geleentheid
om sy skulde meer tydsaam te betaal en sy finansiële
probleme te oorbrug sonder om sy boedel te sekwestreer.
Aansoeke
om n Administrasiebevel kan slegs gebring word voor
n Landdroshof wat jurisdiksie daartoe het, met ander
woorde in die gebied waar die skuldenaar woon, in diens
is of n besigheid bedryf. Administrasiebevele kan
verleen word op aansoek van die skuldenaar of in sekere
omstandighede deur die hof, uit eie beweging.
n
Afskrif van die aansoek om n Administrasiebevel
asook n staat van die skuldenaar se sake (gedetailleerde
besonderhede insake sy bates,
|
afhanklikes,
noodsaaklike uitgawes, beroep, werkgewer, werksadres,
bruto inkomste, skuldeisers, onderhoudsbevele, huwelikstatus,
inkomstes van gades ens.) moet minstens 3 dae voor die
verhoordatum per geregistreerde pos aan al die skuldenaar
se skuldeisers besorg word. Eiserbesware
By
die aanhoor van die aansoek om n Administrasiebevel,
kry skuldeisers
die geleentheid om hul skuld te bewys en beswaar te maak
teen ander skulde gelys in die skuldenaar se staat van
sake.
Die
Hof bepaal die bedrag wat die skuldenaar periodiek aan
die administrateur moet betaal, en die bedrag wat redelikerwys
deur die skuldenaar en sy afhanklikes benodig word vir
noodsaaklike uitgawes, met inagneming van verbande, bestaande
onderhoudsbevele en die inkomste van die skuldenaar se
eggenote wat by hom inwoon.
Na
verlenging van die Administrasiebevel, moet die Administrateur
n lys van die skuldeisers en die bedrae afsonderlik
aan hulle verskuldig, opstel en by die Hof indien. Skuldeisers
kan binne 28 dae hierna beswaar aanteken teen n
spesifieke skuld gelys. Die administrateur moet elke 3
maande n verdeling doen en n distribusierekening
indien.
Nadat
al die gelyste skuldeisers ten volle betaal is, moet n
sertifikaat by die Hof ingedien word en afskrifte aan
al die skuldeisers gestuur word.
Iemand
wat aan n Administrasiebevel onderhewig is en verdere
skuld aangaan sonder om dit te openbaar, is aan n
misdaad skuldig en by skuldigbevinding strafbaar met gevangenisstraf,
waarna die Hof ook ingevolge sy diskressie die Administrasiebevel
tersyde kan stel. Die Wetgewer poog sodoende om oneerlike
skuldenaars wat die administrasieproses misbruik, te ontmoedig,
|
Terug
na inhoud
|
|
Betaling
in volle en finale vereffening: Wanneer
is dit die end?
|
|
Skuldenaars
betaal dikwels n bedrag in volle en finale vereffening van
n aanspreeklikheid wat uit n besondere skuldoorsaak
spruit. Die bedoeling is om aan die skuldeiser n suikerpil
te gee (hy kry dadelik die geld, alhoewel dan nie alles nie) in
ruil vir n verlaagde betaling. Wanneer sal aanvaarding van
so n betaling die einde beteken van so n aanspreeklikheid?
In n
onlangse beslissing van die Hoogste Hof van Appél, is hierdie
vraag weer bespreek [ABSA Bank LTD v. Van der Vyver N.O. 2002
(4) SA 397 (SCA)]. Die verkorte feite van die saak is soos
volg:
1. ABSA Bank
het die eksekutrise van wyle Mnr. Van der Vyver se boedel aangespreek
vir geld deur die boedel aan ABSA verskuldig op grond van n
oortrokke bankrekening.
2. Die boedel
ontken aanspreeklikheid: hulle beweer wyle Mnr. Van der Vyver
het in lewe n polis aan ABSA gesedeer as sekuriteit vir
hierdie lening. Hierdie polis het egter verval, omdat, beweer
die boedel, ABSA versuim het om die premies ingevolge die oorledene
se opdrag, af te trek en oor te betaal.
3. Gevolglik
rig die boedel n brief op 16 Julie 1997 aan ABSA waarin
hulle wys op die geskil tussen die partye, en wat voorts die volgende
sinne bevat: In die lig van bogenoemde word n bedrag
van R180 000,00 in volle en finale vereffening ten opsigte van
rekeningnommer ------- aangebied. Ons sluit dan hierby ons tjek
ten bedrae van R180 000,00 in en sien uit om van u te verneem.
4. ABSA aanvaar
die tjek, krediteer die betrokke rekening, maar antwoord op 8
Augustus 1997 dat die rekening waaruit die premiebetalings moes
kom, deur die oorledene gesluit is, en dat dit nie hulle verdere
verantwoordelikheid was om die premies oor te betaal nie. Gevolglik
aanvaar hulle nie die tjek in volle en finale vereffening nie.
Die uitspraak:
Appélregter Howie (wat intussen aangestel is as President
van die Hoogste Hof van
|
Appél)
maak n onderskeid tussen betaling van n erkende aanspreeklikheid,
en wanneer aanspreeklikheid ontken word. In die geval waar aanspreeklikheid
erken word, sal die skuldeiser die betaling kan aanvaar, en die
balans kan verhaal van die skuldenaar.
Waar die skuldeiser
n tjek aanbied in volle en finale vereffening, tesame met
n ontkenning van aanspreeklikheid, het ons in werklikheid
te doen met n skikkingsaanbod (offer of compromise).
Indien die bedoeling van die skuldenaar duidelik gemaak word dat
sy aanbod in werklikheid n skikkingsaanbod is, en die skuldeiser
aanvaar die aanbod en die tjek, kom daar n kontrak tussen
die partye tot stand, en kan die skuldeiser nie verdere betalings
eis nie.
In die onderhawige
geval, is Appélregter Howie van mening dat die optrede
en aanbod van die boedel nie die betaling van n erkende
aanspreeklikheid was nie, maar n skikkingsaanbod wat deur
die deponering van die tjek, deur ABSA aanvaar is.
Gevolglik
word beslis dat ABSA nie die balans verskuldig op die oortrokke
rekening kan verhaal nie.
Wees versigtig!
Skuldeisers (en veral groot organisasies), moet versigtig wees
om betalings aangebied in volle en finale vereffening te aanvaar
en te deponeer. Aan die ander kant, moet skuldenaars hul bedoeling
duidelik maak wat hulle met so n betaling bedoel.
Dit sal moontlik
goed wees om verder te gaan as om net die betaling in volle en
finale vereffening te maak, deur n sin by te voeg, soos
volg: Hierdie betaling word gemaak in volle en finale vereffening,
en ter skikking van alle aanspreeklikheid wat spruit uit.............
Indien u hierdie betaling aanvaar, sal dit beteken dat u die aanbod
aanvaar, en geen verdere eise teen my spruitend uit bogenoemde
skuldoorsaak sal hê nie.
Laastens,
is dit nie moontlik om n volle en finale vereffeningsaanbod
te maak by wyse van elektroniese bankoorplasings nie.
|
Terug
na inhoud

Unfortunate
choice of adjectives cost him his job...
|
In Jardine
and Tongaat Hulett Sugar Ltd (2002) 23 ILJ 547 (CCMA), Mr. Jardine,
after having been gently reminded by his general manager of the
time he was supposed to start work, lodged a grievance in which
he described the general managers conduct as an arrogant,
churlish, demeaning, depreciative (sic), discourteous, disparaging,
disrespectful, ill-considered, ill-mannered, insensitive, insulting,
rude and entirely inappropriate response in the circumstances, and
an affront to my dignity as a person in my individual right and
as a line manager as well.
|
For this humiliation
of the general manager, Mr. Jardine was fired, following a disciplinary
enquiry. Although the commissioner found that the written grievance
was a serious breach of a legitimate obligation to maintain harmony
and compatibility, the sanction of dismissal was ruled inappropriate.
Nevertheless,
Jardines misconduct had had the effect of destroying the employment
relationship and instead of reinstatement, he was awarded compensation
of six months salary.
|
Terug
na inhoud
|

|
BOEDELBELASTING
1. Is
daar enige boedelbelasting betaalbaar indien jou gade jou
enigste erfgenaam is?
2. Is
bemakings aan liefdadigheidsorganisasies aftrekbaar van boedelbelasting?
3. Teen
watter persentasie word boedelbelasting tans bereken?
4. Hoe
groot moet jou boedel wees alvorens daar sprake van betaling
van boedelbelasting is?
5. Word
polisse waarin n begunstigde aangewys word, en dus nie
aan jou boedel uitbetaal nie, in berekening gebring by die
bepaling van boedelbelasting?
INTESTATE
ERFOPVOLGING
6. Indien
jou boedel ongeveer R600 000 groot is, en jy laat n
gade en 3 kinders agter, wie sal intestaat van jou erf en
hoeveel?
7. Kan
n kleinkind intestaat van sy grootouer erf?
8. Indien
n oorledene geen intestate erfgename het nie, moet sy
erfenis te gelde gemaak word en aan die Voogdyfonds oorbetaal
word. Ná hoeveel jaar sal hierdie gelde die Staat toeval?
ALGEMEEN
9. Indien
n begunstigde in n testament as getuie geteken
het, sal dit moontlik vir hom wees om enige regte ingevolge
die testament te kan verkry?
10. Kan
n persoon wat n ander vermoor het, van hom erf?
11. Mag
n werkgewer n werknemer se e-pos lees?
12. Mag
ek n werknemer ontslaan wat n HIV-toets weier?
|
Na
antwoorde
|
A
few irreverent lawyer jokes that escaped censorship!
|
Q: Whats
wrong with lawyer jokes?
A:
Lawyers dont think theyre funny, and nobody
else thinks theyre jokes.
Q: Why
wont sharks attack lawyers?
A: Because
of professional courtesy!
Q: What
do you have when a lawyer is buried up to his neck in the
sand?
A: Not
enough sand.
A doctor
told her patient that his test results indicated that he
had a rare disease and had only six months to live. Is
there anything I can do?, pleaded the patient. Marry
a lawyer, the doctor advised. It will be the
longest six months of your life.
Q: Whats
the difference between a good lawyer and a bad lawyer?
A:
A bad
lawyer can let a case drag out for several years. A good
lawyer can make it last even longer!
|
Down
and Out!
| In Rubenstein
v Prices Daelite (Pty) Ltd (2002) 23 ILJ 528 the court
said the dismissal is fair if an employee has reached retirement
age, not when he/she reaches it. The court also rejected the
contention that since this 72-year-old-employee had been kept
beyond retirement age, she had an expectation of continued
employment, and found that at best she had a spes (hope) of
ongoing employment. |
|
Terug
na inhoud
Swak
huurders vir eers beskou as plakkers
|
In die Appélhofsaak
van Ndlovo versus Ngcobo (Saak-nommer 240/2001) is beslis dat huurders
die besker-ming van die Wet op die Voorkoming van Onwettige Uitsetting
en Onregmatige Besetting van Grond, Wet 19 van 1998 (die Plakkerswet)
geniet, aangesien hulle kwalifiseer as onregmatige okkupeerders
ingevolge die Plakkerswet.
Die Hof bevind
dat die Plakkerswet-prosedure vir die afsetting van n plakker,
ook sal geld in hierdie gevalle. Die gevolg van hierdie uitspraak
is dat n grondeienaar se uitoefening van sy volle eiendomsregte
vertraag of opgeskort word, totdat die Hof ingevolge die prosedure
en vereistes van die Plakkerswet bepaal het dat die uitsetting regverdig
en billik (just and equitable) is.
Tersaaklike
omstandighede wat die Hof ingevolge Artikel 4(6) van die Plakkerswet
in ag sal neem, ten einde te bepaal of die uitsetting regverdig
is, is onder andere die regte en behoeftes van bejaardes, kinders,
gestremde persone en huishoudings waarvan n vrou die hoof
is.
Uiteraard sal
die regte van die grondeienaar hierteenoor opgeweeg word. Indien
n onregmatige okkupeerder egter vir n tydperk van meer
as ses maande die grond onregmatig geokkupeer het op die tydstip
wanneer die hofverrigtinge ingestel word, kan die Hof ook, ingevolge
Artikel 4(7) van die Plakkerswet, verdere omstandighede, soos die
beskikbaarheid van alternatiewe verblyf vir die onregmatige okkupeerder
oorweeg.
Ons voorsien
nie te veel probleme om huurders, wie se
|
huurkontrakte
regmatiglik beëindig is, uit te sit uit persele, solank die
onregmatige okkupasie nie langer as ses maande geduur het nie.
Daar is egter
nou n groot prosedurele las op die grondeienaar om die nodige
bewerings ingevolge die Plakkerswet in sy pleitstukke te maak, ten
einde aan te toon dat die afsetting regverdig en billik
is.
Hierdie prosedure
gaan ook gepaard met n vertraging met die verkryging van die
uitsettingsbevel, aangesien Artikel 4(2) van die Plakkerswet vereis
dat die onregmatige okkupeerder en die Plaaslike owerheid (binne
wie se regsgebied die grond geleë is) ten minste veertien hofdae
geskrewe en doelmatige kennis moet kry alvorens n
aansoek gedoen kan word vir die afsetting van sodanige okkupeerder.
Berigte in die
Pers dui daarop dat n wetsontwerp onlangs deur die DA in die
Parlement ingedien is met die doel om die definisie van n
onregmatige okkupeerder in die Plakkerswet sodanig te
wysig ten einde sodanige definisie slegs ten opsigte van ware
plakkers te laat geld.
Die enigste
advies wat ons intussen kan gee tot en met sodanige Wetgewing verander
sou word (indien ooit) is om seker te maak dat n voornemende
huurder n uitstekende kredietrekord het alvorens n huurkontrak
gesluit word; om moontlik maar die huurdeposito te verhoog en om
maar geduldig te wees met die meer tydrowende regsproses wat gevolg
moet word om só n okkupeerder uit te sit.
|
Terug
na inhoud
|

Antwoorde
1. Nee
2. Ja
3. 20%
4. R1 500 000.00
5. Ja
6. Jou gade
en 3 kinders sal elk R150 000 erf indien julle buite gemeenskap
van goedere getroud was. Indien julle binne gemeenskap van goed
getroud was, sal jou gade R425 000 ontvang en jou kinders elkeen
R58 333.33 erf.
7. Ja, indien
die ouer wat intestaat sou erf, oorlede is. Die kind tree inderwaarheid
in sy oorlede ouer se plek wat die intestate erfreg aanbetref.
8. 30 jaar
9. Nee, behalwe
in die volgende gevalle: a) Die hof kan verklaar dat die getuie
nie die oorledene by verlyding van die testament bedrieg of onbehoorlik
beïnvloed het nie;
Terug
na vrae
| Niks in hierdie publikasie moet beskou
word as regsadvies van n prokureur of hierdie firma nie.
Professionele advies moet verkry word voordat enige stappe n.a.v.
enige artikel hierin gedoen word. |
|
Werkloos
ná stomende SMS!
In Volkwyn
v Truworths Ltd (CCMA Saaknr. WE 4830 - 01; 11/02/02) het 'n
stomende verhouding tussen Mnr Volkwyn en die bestuurderes van die
werkgewer se eetsaal ontstaan. Sy was in diens van 'n onafhanklike
spyseniersfirma.
Suggestiewe
en onbehoorlike SMS-boodskappe tussen die twee het algemeen bekend
geword en 'n ontwrigtende effek op dissipline en verhoudings in
die werkplek gehad.
Mnr Volkwyn
is aangekla van onbehoorlike gedrag teenoor sy lynbestuurder deur
die stuur van uitlokkende SMS-booskappe met seksuele ondertone,
en is ontslaan.
b) Indien die
getuie intestaat van die oorledene sou erf, sal hy steeds ingevolge
die testament kan erf, maar die erfenis mag nie groter wees as wat
hy intestaat sou erf nie; en c.) Indien die testament ook deur 2
ander onafhanklike bevoegde getuies onderteken is.
10. Nee
11. Ja
12. Nee
|
Terug
na inhoud
Die
koop van vaste eiendom: watter entiteit gebruik ek?
|
Dit gebeur dikwels
dat n Koper van vaste eiendom gekonfronteer word met die vraag
oor welke entiteit hy moet gebruik vir die aankoop van vaste eiendom.
Moet hy dit in sy eie naam, Trust, BK of Maatskappy registreer?
Daar is geen
maklike antwoord hiervoor nie en daars ook nie n maklike
resep beskikbaar om tot die regte besluit te kom nie.
In elke geval
sal die besluit afhang van die besondere omstandighede van die Koper.
Om tot die regte besluit te kom, is daar sekere oorwegings wat elke
keer in aanmerking geneem moet word. Hieronder volg n paar
van die belangrikste oorwegings:
1. Risiko.
Die besit van vaste eiendom is normaalweg n aktiwiteit met
relatiewe lae risiko, in teenstelling met byvoorbeeld die dryf van
besigheid, wat normaalweg n hoër risiko-element bevat.
Die Koper moet dus besluit of hy die besit van vaste eiendom (lae
risiko) in dieselfde mandjie wil plaas as byvoorbeeld die dryf van
besigheid (hoë risiko). Indien daar hoë risikos
verbonde is aan die beoogde entiteit, mag dit raadsaam wees om liewers
die eiendom aan te koop in n aparte entiteit waar daar nie
sulke hoë risikos teenwoordig is nie.
2. Kapitaalwins-belasting
(KWB) en Boedelbelasting. Sedert 1 Oktober 2001 is kapitaalwinsbelasting
n nuwe faktor wat in aanmerking geneem moet word by die aankoop
van vaste eiendom, aangesien KWB n faktor mag wees wanneer
n gebeurtenis plaasvind wat die betaling van KWB kan aktiveer.
Omdat KWB bereken word teen dieselfde koers as die marginale koers
waarteen n belastingpligtige inkomstebelasting betaal, is
dit dus belangrik om te kyk na die marginale koers
|
waarteen daardie
entiteit inkomstebelasting betaal. Onthou ook dat die primêre
woning van natuurlike persone wat self die woonhuis bewoon, n
vrystelling van R1 miljoen geniet by die berekening van kapitaalwinsbelasting.
Deurentyd moet ook in ag geneem word welke faktore binne die betrokke
entiteit kan plaasvind wat betaling van KWB kan aktiveer.
3. Koste.
Afhangende daarvan of die transaksie onderhewig gaan wees aan die
betaling van Hereregte of BTW, is hierdie koste ook iets wat in
aanmerking geneem moet word. Maatskappye, BKs, en Trusts betaal
Hereregte teen n vaste koers van 10 %, terwyl natuurlike persone
Hereregte betaal teen n glyskaal, waarvan die maksimum tans
8 % is. Indien die eiendom aangekoop word in n Maatskappy,
moet in gedagte gehou word dat die Maatskappy se boeke jaarliks
geouditeer moet word, wat ook addisionele kostes meebring.
4. Inkomstebelasting.
Indien die eiendom wat aangekoop word n inkomste-genererende
eiendom gaan wees, mag dit ook belangrik wees om te kyk na die inkomstebelasting-implikasies
wat die besit van die eiendom vir die betrokke entiteit teweeg gaan
bring. Hoewel dit gewoonlik nie n oorwegende faktor is nie,
is dit tog nodig om net n oomblik stil te sit en oor die implikasies
van inkomstebelasting na te dink. Sedert die inwerkingtreding van
KWB, het dit nog belangriker geraak om behoorlik geadviseer te wees
wanneer jy vaste eiendom aankoop. Bespreek dit gerus met u prokureur
voordat u n Koopkontrak teken. As dit, om welke rede ookal,
nie moontlik is nie, mag dit raadsaam wees om die reg om te nomineer
in die Koopkontrak te vervat, sodat u later n besluit oor
die uiteindelike Koper kan neem wanneer u geleentheid gehad het
om advies daaromtrent in te win.
|
Terug
na inhoud
|