TERSIÊRE KWALIFIKASIES

  LL B, LL M

  TERREINE VAN KUNDIGHEID

 
  • Arbeidsreg
  • Litigasie
  • Beroepsgesondheid en -veiligheid

  PERSOONLIKE AGTERGROND

 

Lesley behaal sy LL B-graad aan die Vista-universiteit, en begin as kandidaatprokureur by Phatshoane Henney Ing, met spesiale betrokkenheid by Magistraatshoflitigasie asook dispuutoplossing en arbitrasie. Op universiteit het hy met ywer aan alle studentebedrywighede deelgeneem. Hy was die universiteit se verteenwoordiger by die “Phillip Yessup International Moot Court”-kompetisie wat in 2003 by die Universiteit van Pretoria gehou is. In dieselfde jaar is hy ook gekies om by dieselfde universiteit deel te neem aan die Geïntegreerde Balieprojek Internskap.

Aan die einde van 2005 is Lesley aangestel as professionele assistant in die Arbeidsreg-afdeling van Phatshoane Henney Ing, en ‘n jaar later word hy direkteur van die maatskappy, maar hy gaan voort om litigasie- en arbitrasiediens aan sy kliënte te lewer. Hy verskyn vir verskeie korporatiewe kliënte by die CCMA, Bemiddelingsrade en die Arbeidshof.

Lesley se litigasiewerk strek van die Magistraatshof en die Hooggeregshof tot by dispuutoplossing, arbitrasie, skuldinvordering en dranklisensies. Hy spesialiseer voorts in beroepsgesondheids- en veiligheidspraktyk en het reeds gedien as voorsitter van verskeie beroepsgesondheids- en veiligheidsondersoekkkomitees van ESKOM.

Die Arbeidsreg-afdeling waar Lesley ‘n direkteur is, het verskeie privaat- en openbare sektorkliënte en voorsien litigasieadvies aan onder andere die Vrystaatse Departemente Landbou,  Openbare Werke en Toerisme, asook die Universiteit van die Vrystaat, die Mangaung Plaaslike Munisipaliteit, ESKOM, Centlec, Standard Bank, Glenrand MIB, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, Senwes, Captain Dorego’s en Steiner Hygiene.