TERSIÊRE KWALIFIKASIES

  BA LLB MBA (Stellenbosch)

  ADDISIONELE KWALIFIKASIES  
  Aktebesorger, Notaris  
  TERREINE VAN KUNDIGHEID

 
  • Administratiefreg, veral Plaaslike Owerheidsreg
  • Grondontwikkeling
  • Testamente/Boedelbeplanning
  • Bereddering van Boedels
  • Eiendomstransaksies
  • Maatskappye en beslote korporasies
  • Vennootskappe


  PERSOONLIKE AGTERGROND

  Grootgeword op Stellenbosch en in Bergvliet. Hele skoolopleiding by die Hoërskool Zwaanswyk, waarna hy die graad BA LLB aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf. In 1975 word hy aangestel as Sekretaris van die Afdelingsraad, Paarl, in landelike plaaslike owerheid. Gedurende dié tyd verwerf hy die graad MBA. In 1985 is hy aangestel as staatkundige beplanner by die Departement van Staatkundige Ontwikkeling en Beplanning, in die amp van Adjunk-Direkteur: Staatkundige Substelsels. Hier was hy veral gemoeid met die afskaffing van Provinsiale Rade, Ontwikkelingsrade en Afdelingsrade, en die daarstelling van Streekdiensterade. In 1987 het hy aangesluit by Van der Spuy & Vennote.